Onderhandeling in die kerk

  1. Eksterne mag of outentieke mag?

Oor die term multi sensories voer Zukav en Francis, (2003:14) aan: ‘The five senses are a single system whose object of detection is the physical world but multisensory humans can detect more. They have hunches and insights and they see meaning in everyday circumstances, among other things. Within a few generations all humans will be multisensory.’ Die multi sensoriese mens wil nie net die magte  hê wat hy deur sy sensoriese vermoëns kan kry nie. Die multi sensoriese mens sien mag in ‘n ander lig, naamlik om die mens ingestem te kry op die siel. Groter bewuswording moet plaasvind van die eks¬terne wêreld van die mens, maar ook van sy interne wêreld. Die mens is meer as net ensieme en molekules, meer as net liggaam en verstand. Mense het nie nodig om te glo dat hulle ‘n siel het nie, hulle ervaar hulle is siel. ‘n Vyf sensoriese wetenskap gaan van die veronderstelling uit dat die fisiese werk¬lik¬heid bewustheid vorm, terwyl ‘n multi sensoriese wetenskap aanvaar dat be¬wust¬heid die fisiese werklikheid vorm. Multi sensories is om instinktief te weet wat waarheid in eie konteks is.