Onderhandeling in die kerk

  1. Praat ons dieselfde taal?

Die kerk (ons) sal bereid moet wees om geskikte konsepte en konstrukte te vind sodat ons dieselfde taal praat.
Konsepte is nie waar of vals nie, maar wel meer of minder betekenisvol. Konseptualisering is die gedagteproses in ons gedagte wanneer ons indrukke en persepsies versamel en hulle ooreenkomste waarneem en dan die ooreenkomste saamvoeg.
So ontstaan ‘n nuwe enkele gedagte wat die ooreenkomste uitdruk en dit ‘n naam gee. As dit ‘n naam het, word dit ‘n konsep. As konsepte saamgevoeg word vir ‘n spesifieke wetenskaplike doel of vir ‘n teoretiese raamwerk, dan is dit ‘n konstruk. Die verskillende konsepte wat hier bespreek word, vorm saam die konstruk "Kommunikasie".