Onderhandeling in die kerk

  1. Wanneer en waar groei ons optimaal?

As die fisiese omgewing net vanuit ‘n vyf sintuiglike gesigspunt gesien word, word die fisiese oorlewing die fundamentele maatstaf van evolusie en fisiese oorheersing as die kenmerk van gevorderde evolusie gesien. Dan word die basis vir lewe vrees vir nie-oorlewing. Die mees essensiële is dan die mag om die omgewing en dit wat in die omgewing is, te kontroleer. Dit bring ‘n gees van kompetisie mee wat alle verhoudings beïnvloed. Die mag hiervan is ‘n eksterne mag. Dit is ‘n mag wat gesien, gehoor, geruik, gevoel en geproe kan word en wat verraai of omgekoop kan word. Dit kan aangewend word tot geweld en verwoesting.
 
Teenoor die soeke na eksterne mag om te kan oorleef, word dan gestel die soeke na outentieke mag wat van niemand ‘n slagoffer kan maak nie. Die eksistensialistiese filosoof Martin Buber worstel met die vraag oor wanneer is ‘n mens werklik in staat om optimaal te groei. Hy besluit dat dit in ‘n outentieke ontmoeting met ‘n ander mens plaasvind.
 
Eksterne mag is die "ek >..dit" verhouding waar  die een gespreksgenoot die ander wil gebruik as agent of middel tot ‘n doel . Outentieke mag is die  verhouding van ek>u waar die een die ander sonder beoordeling ontmoet met onvoorwaardelike liefde. 
 
Die groei of evolusie is van ‘n vyf sensoriese waarneming na ‘n multi sensories waarneming waar ‘n mens waardering het vir die rol wat die psigiese werklikheid speel in die groter prent van die ontwikkeling en die dinamiek waar¬deur die fisiese werklikheid geskep en in stand gehou word. In hierdie on¬sig¬bare werklikheid is die diepste waardes geleë. Alhoewel dit ‘n onsigbare werk¬lik¬heid is wat nie deur die vyf sintuie verken kan word nie, beskik ‘n mens wel oor die sintuie wat deeglik aan hom sodanige inligting kan verskaf. Op grond daar¬van kan hy besluite neem wat vir die besluitnemer so vas en seker staan dat hy selfs sy lewe hiervoor sal opoffer.