Onderhandeling in die kerk

  1. Emosies

Die energie vir emosies is afkomstig van die opwindende afwagting wat inherent in elke lewende organisme teenwoordig is. Hierdie opgewonde afwagting word getransformeer in spesifieke emosies in ooreenstemming met die situasie.
Emosies word nie bemiddel deur gedagtes en verbale oordele nie, maar is onmiddellik en direk. Daarom is emosies ‘n belangrike regulering van optrede.
 
Emosies voorsien nie net die basis van bewustheid van wat belangrik is nie, maar verskaf ook energie vir toepaslike optrede. As die energie nie dadelik beskikbaar is nie, verskaf dit die rigting waarin dit gesoek moet word.
 
Emosies is unieke voorsieners van belewenis waarvoor daar geen substituut bestaan nie. Emosies is die manier waarop ‘n mens bewus word van wat vir hom belangrik is . Hierdie funksie van emosies is in die samelewing negatief waardeer. Kalmte is gesien as ‘n talent. Kalmte of om geen emosie te wys nie, is dikwels om ander mense te bedrieg en nie die boodskap van die ware gevoelens deur te gee nie.
 
Emosies is nooit afwesig nie. Skynbare ongevoeligheid is so ’n sterk emosie dat dit eintlik uit bewustheid uitgesluit word. Hierdie gedrag word van ouers na kinders oorgedra. Die kind word dan geleer om sterk emosies te onderdruk met die vertoon van ‘konvensionele’ self kontrole. Dit word grootliks verkry deur die eksterne wêreld te beklemtoon as die werklikheid terwyl die aansporing van die organismiese behoeftes wat bewus gemaak word deur emosies, afgemaak word as nie werklik nie. 
 
Emosies is nie ‘n bedreiging vir rasionele kontrole nie, maar ‘n gids wat die enigste basis voorsien waarop menslike bestaan rasioneel georden kan word.
As ‘n mens hierdie insig het, dan kan hy die voortgaande bewustheid ontgin van sy emosies se wyse aansporings.
 
Samevatting:
Emosies :
  • moet waardeer word as bron van inligting;
  • is energie;
  • is 'n voortdurende proses;
  • lê die verband tussen die oorsprong daarvan en die optrede wat daaruit voortvloei;
  • reflekteer intensies;
  • kom spontaan by kinders voor;
  • kan onderdruk word deur aangeleerde konvensionele selfbeheer van die individu se kant; en
  • is 'n multi sensoriese sintuig wat bewustelik gebruik moet word.