Onderhandeling in die kerk

  1. Kontak tussen die persoonlikheid en die siel.

Die persoonlikheid is die deel van die mens wat in die tyd gebore is, in die tyd lewe en in die tyd sterwe. Om `n mens  te wees, is om `n persoonlikheid  te hê. Die persoonlikheid, soos die liggaam, is die voertuig van ontwikkeling. Die proses vind plaas deur die besluite en die aksies wat die individu neem. So word daar elke moment intensies gekies wat die individu se ervaring gaan vorm.
Hierop fokus die individu dan sy aandag. Hierdie keuses beïnvloed die proses van ontwikkeling.
 
Die siel is die deel van die mens wat onsterflik is. Soos `n persoonlikheid het elke individu ook `n siel. Die mens wat in sy waarneming beperk is tot `n vyf sensoriese waarneming is nie bewus van sy siel nie en kan daarom nie die siel se invloed herken nie.
 
Psigologiese ontwikkeling vind plaas by die kontak grens tussen die individu en die omgewing of die persoonlikheid en die siel . Besluite en optrede word voorafgegaan deur `n intensie. So bepaal intensies en besluite die individu se ervaring en ontwikkeling. Dit beklemtoon die belangrikheid van die individu se bewuste intensie of bedoeling met aksies.