Kern - Dringende aansoek no 2- Zoutpansberg gemeente

Neem asb kennis van die volgende :
 

  1. SLEGS oordrag van HIERDIE eiendom word TYDELIK oorgehou, BY OOREENKOMS, totdat die aansoek gefinaliseer is;
  2. Die vorige dringende aansoek se kostes moet steeds deur Kern betaal word;
  3. Die Regter het GEEN bevinding gemaak nie. Hy het slegs die ooreenkoms `n bevel van die hof gemaak. Niemand is gewaarsku nie en die regsverteenwoordigers het in `n goeie trant die skikking onderhandel.
  4. Daar is geen bevinding of uitsprake gelewer oor enige ander eiendom as die soos vervat in die hofbevel nie.
  5. Geen regshulp is verleen oor die bevriesing van fondse, gebruik van die gebou of prediking van Vereniging predikante nie. Alles gaan nog normaal aan en word die status quo steeds gehandhaaf.

Ek kry baie navrae dat ons die aansoek "verloor" het en dat die Regter sekere bevele gemaak het wat nie in die aangehegte bevel vervat is nie. Dit is natuurlik nie waar nie en word dit opsetlik versprei om mense te mislei.


Groete,

VAN DER MERWE & ASSOCIATES 
PER: PIETER VD MERWE

Hofuitspraak : Soutpansberg

Nadat die hof verlede week bevind het dat mnr Kern se aansoek teen die Broodboomvereniging en die Soutpansberggemeente nie dringend is nie, het mnr Kern dieselfde aansoek weer ter rolle geplaas in die dringende hof vir aanhoring op Vrydag 13 September 2013.

  • Die regter het n prima facie aanduiding gegee dat hy gedink het die aansoek is dringend.
  • Adv du Plessis het toe aangedui dat die respondent slegs opponerende verklarings geliasseer het op dringendheid en nie op die res van die aansoek nie en dat die respondent tyd nodig het om dit te doen.

    Lees verder: Hofuitspraak : Soutpansberg

Inligtingstuk 2013

Hierdie verhaal kan van vele kante toegelig word. Die verklaring wat November 2011 die lig gesien het, is ’n goeie invalhoek om dadelik die aard en intensies van die groep gelowiges duidelik te verwoord. 

Lees verder: Inligtingstuk 2013

Reaksie op verklaring 11/2013 van NHKA

Geloofsbond van Hervormde gemeentes

Die lidmate van Selfstandige gemeentes het met diepe teleurstelling kennis geneem van die nuutste verklaring (verwoord in omsendskrywe 11/2013) van die sogenoemde Kommissie van die Algemene Vergadering. 

Lees verder: Reaksie op verklaring 11/2013 van NHKA

Reaksie op 12 April 2013 omsendbrief

Dit is nie altyd gerade om op alles te reageer nie en dit is belangrik om altyd ‘n wag voor die mond te hou.  Die ironiese propaganda vervat in die nuutste e-Hervormer wat sommer nog die volgende dag amptelike omsendskrywe-status bereik het,  kan egter nie sonder kommentaar verbygaan nie.  Ons het met uiterste skok en verbasing die amptelike dokument gelees.  Die lasterdans van sekere mense herinner aan die leeu-tart deur die tralies.  Die volgende twee opmerkings moet beantwoord word en ons doen dit sonder om uitgebreid te wil reageer.

Lees verder: Reaksie op 12 April 2013 omsendbrief