Hofuitspraak : Soutpansberg

Nadat die hof verlede week bevind het dat mnr Kern se aansoek teen die Broodboomvereniging en die Soutpansberggemeente nie dringend is nie, het mnr Kern dieselfde aansoek weer ter rolle geplaas in die dringende hof vir aanhoring op Vrydag 13 September 2013.

  • Die regter het n prima facie aanduiding gegee dat hy gedink het die aansoek is dringend.
  • Adv du Plessis het toe aangedui dat die respondent slegs opponerende verklarings geliasseer het op dringendheid en nie op die res van die aansoek nie en dat die respondent tyd nodig het om dit te doen.
  • Hy het aangedui dat die oordrag nie kan voortgaan voor al die verklarings in die saak geliasseer is en die hof dan die saak behoorlik kan besleg .
  • BY OOREENKOMS tussen mnr Kern en die respondent is n tydelike hofbevel geformuleer om dit te bewerkstellig.
  • Die effek is bloot dat die oordrag van die eiendom van SLEGS die Soutpansberggemeente se eiendom by ooreenkoms oorgehou word tot die hof daaroor besleg het.
  • Daar was geen uitspraak gegee oor die vraag of die oordrag regsgeldig sal wees nie en dit is nooit geargumenteer nie.
  • Die bevel is by ooreenkoms gemaak ,dit is bloot tydelik van aard en het geen finale effek van enige aard nie.
  • Geen bevel is verleen oor die fondse in die bankrekening ,die gebruik van die kerk gebou,die huurkontrak of enige van die ander regshulp waarvoor mnr Kern oorspronlik aansoek gedoen het nie.
  • Mnr Kern het in sy aansoek 6 bevele gevra waarvan slegs 2 wat vebandhou met die onroerende eiendom self op n tydelike basis deel vorm van n ooreengekome bevel.
  • Hy het geen kostebevel in sy guns gekry nie en die kostebevel wat teen hom toegestaan is wat hy self sal moet betaal beloop R180000.00 by benadering.
  • Die beperkte tydelike bevel raak slegs Soutpansberg en affekteer geen ander gemeentes se besluite en uitvoering daarvan nie.