Onafhanklike Hervormde Kerk Vaalwater

Hierby Staan Ons

Op die oomblik word die Bybel in die opleiding van ons predikante van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, gesien as verhale van mense se voorstelling van God. So word die gedeelte waar Jesus verskyn na sy opstanding by die graf, geïnterpreteer asof dit Markus is wat homself so voorstel. Lees op internet die openingsrede (in engels) van die dekaan van die teologiese fakulteit. Die eksegese van die Bybel is vervang met die prediker se interpretasie.


Ons as Onafhanklike Hervormde Kerk Vaalwater verskil dus daarin dat ons die Bybel bely as Woord van God. So het die Kerk nog altyd bely.
Teenoor die wat sê dat hulle die belydenis onderskryf in soverre dit ooreenstem met die Woord van God; dit wil sê hulle besluit self watter deel van die belydenis is geloofbaar en watter nie, wil ons as Onafhanklike Hervormde Kerk Vaalwater verklaar dat ons die Bybel bely as Woord van God en die belydenis as in ooreenstemming daarmee. So het ons Kerk tot nou toe geglo.

Teenoor die wat ons hele kerklike verlede bely as on- evangelies, weier  ons om ons kerklike voorgeslag en geskiedenis te verloën asof hulle en die hele Hervormde kerk God loënaars was. Ons kerkgeskiedenis is die geskiedenis van mense wat alles prysgegee het juis ter wille van hulle geloof. Sonder hul vestiging van die kerk sou ons in hierdie land die beskaafde norme van wet en orde nie in hierdie woeste en wilde wêreld gehad het nie. Juis hierdie geskiedenis het ook aan die ander volke van die subkontinent `n lewensvisie gegee wat meer is as die van moord en plunder en verkrag.


Ons as Onafhanklike Hervormde Kerk Vaalwater verklaar by herhaling dat:

  1. ons die Bybel bely as Woord van God en
  2. die belydenis as in ooreenstemming daarmee en
  3. die geskiedenis van ons Kerk as `n eervolle proklamasie van die dankbaarheid aan God verskuldig.

Sonder die prediking van die evangelie van Jesus Christus die Here sou almal die ellendigste van alle mense wees.
Ons weier om saam met Judas vir `n paar silwerstukke uit die owerste se hande nou vrede , vrede te roep en  Hom te verraai wat ons vir geslagte in hierdie harde land onder die suidersterre bewaar het en aan ons `n erfdeel in Sy Koninkryk toegesê het.
As lidmate van hierdie gemeente, roep ons u op om soos in die tyd van die Kerkhervorming met Luther te verklaar: Hier staan ek, ek kan nie anders nie.

Eredienstye:    Sondae om 10:00 te AP Kerk Vaalwater