Hervormde Kerk Pietersburg word onafhanklik

Sondag 21 Oktober 2012


Tydens ‘n spesiale gemeentevergadering vandag, het die Nederduitsch Hervormde Kerk Pietersburg sy bande met dié Kerk opgesê. Die gemeente is in 1852 gestig en was die derde oudste gemeente in die Nederduitsch Hervormde Kerk. As “moeder”-gemeente het al die gemeentes in die noordelike deel van die land hul ontstaan aan dié gemeente te danke.

Die besluit om langs die Nederduitsch Hervormde Kerk te beweeg, sê ds Frans Oosthuizen, is ‘n onvermydelike uitvloeisel van die teologiese agteruitgang en swak leierskap waaronder die Kerk veral die laaste klompie jare gebuk gaan. Ds Oosthuizen is 'n lid van die komitee van steedsHervormers.

Die grootste deel van die gemeente van bykans 400 lidmate was teenwoordig en die besluit om onafhanklik te word, is eenparig geneem. Die gemeente sal voortaan as die Onafhanklike Hervormde Gemeente Pietersburg bekend staan.