Hulle het oë om te sien, maar hulle sien nie. Hulle het ore om te hoor maar hulle hoor nie

Lees: Esegiël 12 : 1-7
Vers 2 : “ Hulle het oë om te sien, maar hulle sien nie. Hulle het ore om te hoor maar hulle hoor nie”

Die grootste fout wat ons kan maak is om nie heilige erns te maak met God se genade in ons lewe nie.


Die kerk en ook gemeentes dra hom letterlik dood aan mense wat lidmate is en wat sê hulle glo en dan nie meelewend is nie.
 Verskonings soos ons kan nie so lank stil sit in die Nagmaal nie, daarom kom ons nie Nagmaal toe nie en ek kry niks in die erediens nie, verraai dalk dat ons in dieselfde groef as die volk Israel geval het waarvan ons in die gedeelte lees. Weerbarstig en onverskillig teenoor die heilige en genadige God.

Hoeveel genade en liefde en geduld het God nie met Israel gehad nie.?

En elke keer staan hulle onverskilligheid teenoor God, hulle ongehoorsaamheid en ontrouheid soos ‘n seer oog uit. Soos ‘n stout kind wat nooit sy sin kry nie is Israel en ook ons. En daarom stuur God sy profeet met ‘n boodskap van oordeel en straf. Want God laat nie op ‘n goedkoop manier met sy liefde omgaan nie. Ballingskap in ‘n vreemde land is hulle voorland met skrikwekkende gevolge. Die volk moes met hulle eie oë sien wat met hulle gaan gebeur want hulle wou dit nie glo nie.
Daarom breek Esegiël ‘n gat in die muur en dra sy goed op sy skouers.

Sondag na Sondag hoor ons die gepredikte Woord maar niks of baie min in ons lewens verander. Ons sien gedurig by die doop en Nagmaal die goedheid van God en ervaar wat dit uitbeeld maar steeds bly on siende blind en horende doof.

Die grootste fout wat ons kan maak is om nie erns te maak met God se genade in ons lewe nie.