Wat is dit wat die AKV verwys het vir verdere studie omdat dit "ongenuanseerd" is?

Die beskrywingspunt verwoord gewoon sekere sake van die Apostoliese geloofsbelydenis en dit sou geen skade gedoen het, indien dit aanvaar is en verwys is nie!

Die Kerk erken die eenheid en verskeidenheid wat daar in die Kerk en ook in eie geledere bestaan. Beide word deur die Skrif ondersteun. Die NHKA sien die volgende sake as van kernbelang:

  • Die Drie-Enige God
  • Die maagdelike vewekking
  • Die Kruisiging as noodsaaklike gebeurtenis met soteriologiese implikasies
  • Die opstanding as historiese gebeurtenis met soteriologiese implikasies
  • Die eskatologiese verwagting
  • Die teenwoordigheid van die Heilige Gees as Vertrooster en Pedagoog

Hierdie sake staan in die sentrum en eenstemmigheid hieroor is ononderhandelbaar. Die verskeidenheid wat daar bestaan in die Kerk van Christus reflekteer ook 'n verskeidenheid in die NHKA. Hierdie verskeidenheid het die volgende praktiese implikasies:

  • Begrip as voorvereiste.
  • Duidelikheid oor die Kanon wanneer daarmee gewerk word.
  • Dit is moontlik om van mekaar te verskil oor periferale sake sonder dat dit die eenheid van die Kerk aantas.
  • Daar is sake wat egter die eenheid aantas en dit is verskille oor die sentrum soos hierbo verwoord.