Is hierdie 'n verklaring of 'n belydenis?

Ons lees in die media van die Kerk dat dit net 'n verklaring is, maar in die pers lees ons dat daar bely is.
Wat is die waarheid?
Om dit te kan antwoord moet ons die konteks en die taalgebruik in ag neem.

  • Die gebruik van "verklaring" om na 'n belydenis te verwys, is nie vreemd in die geskiedenis nie. Die Barmen-verklaring is duidelik 'n belydenis.
  • Die verdere konteks waarbinne die verklaring geplaas word, is die gesprek rondom ekumene. Dan kan dit nie anders as dat dit in die lig van die vereistes wat WARC (en nou oorgeneem deur die WCRC) gestel het, verstaan moet word nie. Volgens die vootwaardes wat aan ons gestel is vir deelname aan die ekumeniese liggaam, moet ons die sonde van apartheid bely.
  • 'n Verdere deel van die konteks, is dat hierdie verklaring geskoei is op die belydenis van die dosente in die loop van 2009.
  • Die gemeenskap waarbinne die saak ontvang en verstaan word, is net so deel van die konteks.
    Die pers verstaan dit duidelik as 'n belydenis. Uit gesprekke met lidmate van ons eie kerk en ander kerke is dit duidelik dat dit daar ook as 'n belydenis verstaan word.
  • Die aandrang binne die verklaring dat dit 'n Bybels-teologiese uitspraak is, is die finale saak wat oortuig. Die inhoud saam met die aard van die verklaring, maak dat dit nie anders as 'n belydenis verstaan kan word nie, juis omdat enige teologiese verklaring niks anders as 'n belydenis is nie.
  • Al hierdie sake bring ons by die punt waar ons moet stel dat die besluit, al word dit ‘n verklaring genoem, 'n belydenis is.