Waarteen maak ons beswaar?

Ons maak beswaar teen die inhoud van besluit 54 van die 69ste AKV.
Ons het dit teen die teologiese inhoud van die besluit, asook die haelgeweerskoot-effek van 'n besluit wat duidelik nie goed oorweeg is nie. Ons teologiese besware hou met die volgende verband:

  • Die besluit bring die bevrydingsteologie in die Kerk in.
  • Daar word 'n vreemde evangelie verkondig wat net die horisontale in ag neem.
  • Daar word 'n vreemde mensbeeld in die besluit verwoord.

Ons het probleme met die effek van die besluit:

 Die vae verwysing na apartheid hou eerder verband met die politiek.

  • Daar word nie duidelik gestel wat presies dit is wat onevangelies verklaar word nie.