Protes

WCRC (World Communion of Reformed Churches)

Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika: Lidmaatvereiste van die Wêreledgemeenskap van Reformatoriese Kerke

Met die onlangse samesmelting van die voormalige Wêreldbond van Reformatoriese Kerke WBRK) en die Reformatoriese Ekumeniese Raad (RER) saamgesmelt het en nou 80 miljoen Christene verteenwoordig. Die NH Kerk, wat lid was van die RER, maar geskors was uit die WBRK is egter met die samesmelting in die koue gelaat. Die rede waarom die NH Kerk in 1982 uit die WBRK gelaat is, is gehandhaaf.

 

Aaangeheg as bylae is die kerke wat tans lidmaatskap by die organisasie het:

Vandag het die WCRC 218 lidkerke in 107 lande waarvan die meeste in Afrika en in die suidelike halfrond is. Die huidige president van die WCRC is Clifton Kirkpatrick van die VSA en die huidige Sekretaris-Generaal is dr Setri Nyomi van Ghana.

WCRC eise vir lidmaatskap

Presies wat word van die NH Kerk verwag om lidmaatskap van die nuwe liggam op te neem?
Tydens sy Algemene Raadsvergadering in Ottowa, Kanada, in 1982, het WCRC verklaar dat apartheid in Suid-Afrika sonde is, en die teologiese regverdiging daarvan niks anders is as kettery nie. Die Raad het die verklaring opgevolg met die opskorting van die NHK en NG Kerk se lidmaatskapvoorregte totdat beide kerke aan bepaalde vereistes voldoen het. In reaksie op hierdie verklaring het die Algemene Vergadering van 1982 besluit dat die Hervormde Kerk sy lidmaatskap opskort en uit WCRC onttrek.
Die vereistes wat gestel was vir die NG Kerk en die Hervormde Kerk om weer as lede toegelaat te word, was die volgende:

  • Swart Christene moenie uitgesluit word van eredienste, en veral nie die Nagmaal nie;
    (besluit gefinaliseer - 1997)
  • Tasbare ondersteuning in woord en daad moet gegee word aan diegene wat gely het onder apartheid; en
    (besluit gefinaliseer - 2001)
  • Eenparige sinode-besluite moet geneem word wat apartheid verwerp op alle terreine van kerk en politiek
    (tans in stemming)