Reaksie op verklaring 11/2013 van NHKA

Geloofsbond van Hervormde gemeentes

Die lidmate van Selfstandige gemeentes het met diepe teleurstelling kennis geneem van die nuutste verklaring (verwoord in omsendskrywe 11/2013) van die sogenoemde Kommissie van die Algemene Vergadering. 

Die besluite van die 69e AKV het duidelik tot gevolg gehad dat die NHKA 15 000 lidmate verloor het. In lyn met die Missionale benadering van die NHKA sou ‘n mens kon verwag dat die Kerk se fokus sal wees op die 10 000 wat net verdwyn het. Los nou die 5 000 wat ‘n veilige geestelike tuiste gevind het en rustig kerk is. Hiermee bied ons aan u ‘n reaksie op die omsendskrywe wat eerder lidmate moes aanspoor om die verlore siele te gaan soek. Ons doen dit na dringende versoeke deur lidmate en ampsdraers om te reageer op hierdie dokument wat in die poel van feitelike onkorrektheid tier van onreg en ongeregtigheid. In die reaksie sal ons daarna streef om nie te verval in dieselfde emosionele manipulerende en lasterlike taal van die verklaring nie. Ons moet net ter aanvang ons broeders in Christus berispe oor die kwetsende trant van die dokument. Dit lyk asof die sogenaamde KommAKV stilstaan by ‘n selfverontskuldigende voorbrand maak, ‘n voorbrand wat agter die rookwolkskerm skynbaar geskep word om ‘n terugskouende mandaat by die AKV te kan afdreig. Indien die AKV hulle optredes kondoneer, skryf die NHKA die bleke toekoms in ‘n blanko tjek vir aanstaande Kommissies om na hartelus te doen soos dit hulle behaag.

Laai die volledige verklaring hier af