Kern - Dringende aansoek no 2- Zoutpansberg gemeente

Neem asb kennis van die volgende :
 

  1. SLEGS oordrag van HIERDIE eiendom word TYDELIK oorgehou, BY OOREENKOMS, totdat die aansoek gefinaliseer is;
  2. Die vorige dringende aansoek se kostes moet steeds deur Kern betaal word;
  3. Die Regter het GEEN bevinding gemaak nie. Hy het slegs die ooreenkoms `n bevel van die hof gemaak. Niemand is gewaarsku nie en die regsverteenwoordigers het in `n goeie trant die skikking onderhandel.
  4. Daar is geen bevinding of uitsprake gelewer oor enige ander eiendom as die soos vervat in die hofbevel nie.
  5. Geen regshulp is verleen oor die bevriesing van fondse, gebruik van die gebou of prediking van Vereniging predikante nie. Alles gaan nog normaal aan en word die status quo steeds gehandhaaf.

Ek kry baie navrae dat ons die aansoek "verloor" het en dat die Regter sekere bevele gemaak het wat nie in die aangehegte bevel vervat is nie. Dit is natuurlik nie waar nie en word dit opsetlik versprei om mense te mislei.


Groete,

VAN DER MERWE & ASSOCIATES 
PER: PIETER VD MERWE