Inligtingstuk 2012

Historiese aanloop:

Die optrede van ons as steedsHervormers binne die Kerk het ‘n lang aanloop gehad en het alles met teologie en weining met mag of politiek te make.  Op teologiese vlak moet die wending in die Kerk op twee vlakke aangedui word.  Aan die een kant was daar al hoe meer ‘n vrysinnigheid in die teologie te bespeur, met die boek van AG van Aarde as die duidelikste baken van ‘n teologie wat geloof ondergrawe.  Nie net die maagdelike verwekking van Jesus is in die spervuur nie,  maar ook die opstanding.  Die kanon word as oop hanteer (met ander woorde boeke soos die Thomas-evangelie word byvoorbeeld gesien as ‘n belangrike bron vir teologie-beoefening),  en die band tussen Ou Testament en Nuwe Testament word ontken.

 

Op etiese vlak kom die nuwe teologiese rigting aan die orde in die manier waarop die huwelik in gedrang gebring word.  Vele voorbeelde sou gestel kon word,  maar die duidelikste voorbeeld is die beskerming wat die Hervormde dosente bied aan ‘n homoseksuele student.  Op hulle aandrang is die student wat in ‘n openlike intieme verhouding met ‘n man is,  steeds student van die Kerk,  studeer hy einde 2012 af en sal dan vroeg 2013 beroepbaar wees.  Die dosente se etiek is ver verwyderd van dit wat ‘n geslag gelede die oortuiging was. Daarmee saam het die fakulteit as oop ekumeniese instansie geen duidelike Hervormde inslag nie. 

 

In die nuwe liturgie sien ons dan ook die tweede stroom van verandering wat die Kerk wil oorspoel.  Die mens (humanisme) het in die hele proses dan ook vir God vervang as middelpunt van die Kerk.  Die erediens en alles wat met hierdie belangrike ontmoeting met God te make het,  is die beste aanduiding van die tweede teologiese rigtingverandering.  Kansels word vervang met ‘n verhoog, die Wet en Belydenis word afgemaak en as oudmodies beskryf en ‘n vreemde liturgie stroom gemeentes binne in so ‘n mate dat Hervormers nie tuis voel in hulle eie Kerk nie.  Die Liedboek word aangevul met  “geestelike liedjies”  en die fokus val op die mens wat goed voel met die sing van liedere.

 

Op kerkleidingvlak was dit reeds onder die leiding van prof. Johan Buitendag duidelik dat ‘n groep binne die Kerk ‘n nuwe rigting ingeslaan het en die Kerk wou saamneem.  Die selektiewe Colloquium was ‘n belangrike rigtingaanduider.  Een van die sake aldaar was die beplande eenwording (struktureel) met die HKSA.  Die Kerk was nie reg vir die vinnige verandering van rigting nie en die Buitendag Kommissie is uitgestem.  Agter die skerms is daar steeds hard gewoeker en dit was veral ten opsigte van sake rondom ekumene waarop die meeste fokus geplaas is. 

 

‘n Struikelblok in die onderhandelings met WARC het die dosente se volgende reaksie ontketen.  Hulle het in lyn met die verwagting van die WARC apartheid tot sonde verklaar en lidmate en ampsdraers uitgenooi om by hulle aan te sluit.  Daar is geen manier om die reaksie te kontroleer nie,  maar die gebeure in aanloop tot en by die 69e AKV dui daarop dat hulle deur genoeg steun bemoedig is om voort te gaan.  Hulle verklaring in die openbare media en die storm in die Kerk het ‘n paar ampsdraers tot aksie gedwing in ‘n poging om die probleme wat geskep is,  aan te spreek.

 

‘n Klagskrif met onder andere verskeie klagtes van dwaalleer is in 2009 teen sommige van die dosente gelê,  met verbygaan van die broederlike gesprek, in die lig van die ernstige klagtes wat teen die dosente ingebring is.  Die Kommissie het egter die klag terug verwys en op ‘n bemiddelde gesprek aangedring.  Die gesprek se fokus was die verklaring en in die gesprek het nie veel gekom van die ander ernstige klagtes nie (Die klagskrif is beskikbaar indien iemand feite wil kontroleer).  Die gesprek was onbevredigend en die verklaring wat uitgereik is deur die dosente was nie aanvaarbaar vir die klaers nie.  Met die AKV voorhande het die klaers besluit om die saak eers daar te laat.  Die een saak waaroor ooreengekom is, was dat die dosente se standpunt in die agenda opgeneem sou word, asook die standpunt van die klaers. 

 

Die agendakommissie wat die 69e AKV se agenda opgestel het, het verkeerdelik die beskrywingspunte toegelaat.  Die Kerkorde skryf ‘n ander proses voor.  Die uitslag van die 69e AKV is bekend en die probleme en ongerymdhede rondom die besluit is opgeteken in die beswaarskrif wat deur teenstemmers opgestel is.  Die Kerk se hantering van die beswaarskrif is ook reeds goed gedokumenteer en daar sou nog baie gestel kon word rondom die manipulasie van die BAKV. 

 

Uit die Kommissie se hantering van die beswaarskrif en die sake wat daarmee saamgaan,  het ‘n paar sake duidelik geword.

  • Daar is nog ‘n groot groep ampsdraers en lidmate wat nie tuis voel binne die nuwe denke wat die NHKA stelselmatig inbring nie.
  • Die lojaliteit van ouderlinge kan misbruik word om selfs ‘n vreemde leer (beeld van God in die mens) en ‘n leuen (verwysing na ‘n besluit wat nooit geneem is nie) te beskerm.
  • ‘n Beswaarskrif sal nie suksesvol kan wees nie,  al is daar onbetwisbare bewyse dat die beswaarskrif korrek is.
  • Die kerkleiding is in die hande van mense wat die nuwe teologie ondersteun.  Die nuwe teologiese rigting verdra alles behalwe mense wat beginselvas wil wees.  Inklusiwiteit wat enige eksklusiewe denke uitsluit!
  • ‘n Teenstem sal nie langer binne die Kerk verdra word nie,  ten spyte van mooi praatjies oor “eenheid in diversiteit”..
  • ‘n Regsgeding teen die Kommissie van die AKV (die ultra vires aard van 54/69) word gesien as ‘n doodsonde en lidmate wat daarmee besig is,  of selfs net die saak ondersteun, is nie welkom in die Kerk nie.

Watter rol speel die aanvaarding van beskrywingspunt 54 (54/69) en die opvolgbesluit?

  • 54/69 kon slegs geneem word,  indien ‘n sekere soort teologie oorheers.
  • Die bevrydingsteologie wat op die mens fokus, is die agtergrond van anti-apartheidsbesluite in die verlede in ander kerkgroepe.
  • Die beswaarskrif het die teologiese en prosedure foute duidelik uitgewys.
  • Die BAKV het 54/69 gehandhaaf, die besluit staan steeds as besluit van die Kerk. 
  • Die opvolgbesluit stel in ander woorde dieselfde as 54/69 maar is ook erger.
  • Die BAKV opvolgbesluit is geneem sonder dat korrekte prosedures gevolg is en sonder dat die saak op die agenda was.
  • Die opvolgbesluit herroep ook enige ondersteuning aan afsonderlikheid in die verlede,  die saak van bevrydingsteologie staan soveel sterker in die nuwe besluit.

 

Teen hierdie agtergrond is dit belangrik om net weer te stel dat dit die nuwe teologie is, wat die besluite wat geneem is, moontlik maak. Die Kerk se nuwe teologie,  soos aangedryf deur die meeste van die dosente,  het ook sy oorsprong in die vrysinnigheid en humanisme wat so eie is aan die huidige fakulteit aan ‘n staatsinstansie.  Dit is teen hierdie nuwe, vreemde teologie dat ons as die steedsHervormers sterk standpunt inneemOns wil steeds staan by die teologie wat ons as eie aan ‘n lang kerklike tradisie ag.  Slegs die Skrif,  slegs Christus en slegs geloof.  Die woordjie “slegs” (sola) moet nie gesien word as wederkerig uitsluitend nie; aangesien elkeen van die drie binne ‘n ander konteks verstaan moet word.

 

Sola scriptura – Die bron van ons geloof is die Skrif en net die Skrif.  Teenoor die Roomse Kerk wat tradisie as gesagvol verstaan het, het die Reformatore net die Bybel as gesagvol aanvaar.  Vandag stel ons teenoor die vrysinniges steeds sola scriptura,  en nie nog Thomas en die teoretiese Q-bron en ander geskrifte nie,  maar die hele Skrif as enigste bron van gesag.

 

Solus Christus – Teenoor die Roomse Kerk se heiliges en moeder Maria het die Reformatore gestel slegs Christus kan red.  Vandag stel ons teenoor die vrysinniges se liefde as reddingsdaad steeds dat net Christus as Seun van God kan red, en maak ons daardie eksklusiwistiese aanspraak.  Christus is redder en saligmaker, nie goeie morele voorbeeld, of shamaan, of subversiewe rabbi nie.

 

Sola fidei – Geen geld of goeie dade kan jou red nie,  het die Reformatore teenoor die Roomse Kerk gestel.  Net geloof red.  Vandag stel ons steeds teenoor die vrysinniges dat net geloof red,  nie die liefde nie.  Geloof gaan oor gehoorsaamheid, nie oor inklusiwiteit nie.  Anders gestel, mens word nie gered op grond van inklusiwiteit nie,  almal wat glo,  word ingesluit by die wat gered is.

 

Sola Gratia – Die Reformatore het teenoor die Roomse Kerk gestel dat daar geen verdienste kan wees nie.  Die mens is passiewe ontvanger van genade,  God het geen hupstoot nodig om die mens te red nie.  Teenoor die vrysinniges getuig ons vandag dat die mens nie inherent goed is en dat God dan net daardie laaste bietjie genade bygee nie.  Die humanisme dring daarop aan dat die mens se heil in liefde te vind is.  Ons getuig alles is louter genade.

Dit is hierdie oortuigings wat ons gebring het by ‘n punt waar ons stel dat ons by sekere sake staan, of dan sal moet val,  dit kan nie anders nie.  Om getrou te wees aan hierdie beginsels,  is nie onderhandelbaar nie.

 

Historiese relevansie

 

Hierdie standpuntinname is nie sonder president nie.  In 1995 het die eietydse verklaring uitgekom op grond van die vurk in die pad wat toe gesien is.  Deur gesprek en beloftes van onderhandel en inspraak,  is gemoedere gekalmeer en het die saak doodgeloop.  In die tussentyd het dit in 15 jaar nie beter gegaan nie, maar eerder al hoe meer vrysinnig in teologie en liturgie gegroei.  Ampsdraers en lidmate wat die vurk in die pad gesien het, kan nie meer verder al hoe erger wydsbeen loop nie.  Die vurk is ver in die verlede en die twee paaie loop al hoe verder uitmekaar.  Die keuse moet dus nou gemaak word:  Watter pad gaan jy bewandel?

 

Die pad wat deur steedsHervormers voorgestel word, is ‘n pad wat duidelik uit die verlede die toekoms inloop met duidelike beginselpadtekens.  Ons wil bly by

  • die fundamentele van Skrif en belydenis, dit wil sê ons handhaaf die standpunt dat die Bybel die Woord van God is en dat die belydenisskrifte die basiese beginsels van die Bybel verwoord.
  • ‘n Bediening wat die volkskerk as goeie werkbare manier van verkondiging handhaaf.
  • Goed opgeleide predikante wat akademies sterk staan, wat daarmee saam ‘n geloofbouende opleiding ondergaan en nie vrysinnigheid aangeleer word nie.

 

Toekomsbeplanning

 

Noodgedwonge moet ons akkommodasie in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) as laaste uitweg probeer afdwing.

Alle lidmate en ampsdraers wat ongeneë is met die NHKA se koers in teologie, predikante-opleiding, liturgiebewegings, verwerping van alle besluite in die verlede oor afsonderlike volksontwikkeling (verdere bewys van vreemde nuwe teologie in die NHKA) en so meer, word uitgenooi om steedsHervormers te bly.

Gemeentelik word u uitgenooi om u huidige gemeente by wyse van 'n meerderheidstem op 'n gemeentevergadering te laat inorden in die Algemene Ring steedsHervormers (of Algemene Klassis steedsHervormers:  Die benaming "klassis" gaan terug onder andere na die Sinode Dordrecht 1618/19 en is so in die Nederlandse Hervormde Kerk gebruik.)

Oor die naam kan ons op die eerste formaliseringsvergadering besluit.  Ons eerste kerklike organisasie in Suid-Afrika sedert Jan van Riebeeck 1652, was om te ressorteer onder die Klassis Amsterdam. Sedert 1816 het die benaming "ring" onder Engelse invloed (circuit) in onortodokse gees deel van die Hervormde Kerk geword.  Die voorrang van "ring" bo "klassis" lê dus in die Hervormde gebruik sedert die vestiging van die NHKA in Transvaal in 1852 en ná sy eerste Algemene Kerkvergadering in 1853.

Daar is al talle bestaande gemeentes wat hulle reeds by die gewetensbeweging steedsHervormers skaar. Skribas, voorsitters of ampsdraers en lidmate wat oor hierdie struktuur meer wil weet, ís welkom by die voorsitter, dr Johan Otto tel 012 734 1374, selfoon 082 767 7891 of by die skriba, ds Frans Marais, selfoon 08274748474, Posbus 910-303, Pyramid, Pretoria, 0120. E-pos: jotto1@absamail.co.zaHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. en fransnhk@ gmail.com.

Die akkommodasie van hierdie struktuur (gemeentes) binne die NHKA in sinodale verband vorm die grondslag van verdere gespreksvoering met die Kommissie van die NHKA.  Ons het ook ons eie webwerf www.steedsHervormers.co.za  waar u kan inskakel en registreer sodat u op hoogte van alle besluite en inligting kan bly.   Dit sal ons skakel wees waar u kan saamgesels en inligting uitruil.  Ons het ook ‘n bakkiesblad waar u aan gesprekke kan deelneem en selfs gesprekke kan begin.

Sien https://www.facebook.com/pages/Steedshervormers/118368828245168

 

Lidmate in 'n gemeente wat dissosieer met die nuwe rigting van die NHKA kan óf na 'n naby of ander steedsHervormde gemeente vervoeg. Indien daar geen sodanige steedsHervormde gemeente bereikbaar ís nie, ís daar reeds lidmate wat Sondae in huise byeenkom. Dergelike huisgemeentes kan mettertyd groei tot nuwe gemeentes.  Die Kommissie van die AKV is reeds uitgenooi om met die komitee in gesprek te tree oor die sake wat ons as van belang ag.  Daar is baie sake wat in onderhandelings uitgepluis sal word en sekere sake wat eers onderling vasgestel moet word.

 

steedsHervormde gemeentes sal DV op die eerste Algemene formaliseringsvergadering, 31 Mei tot 2 Junie 2012 besluit watter segmente van die gemeentelike heffing aan die Kerkkantoor oorbetaal sal word en watter segmente in die groepering steedsHervormers se rekening gestort sal word.  Vir lidmate wat reeds dankoffer in die rekening van die steedsHervormers wil stort, gee ons die rekeningnommer:

ENB Pretoria Noord (FNB) South Africa

Rekeningnaam: steedsHervormers

Tjekrekening  Tak kode 251 045

Rekno: 62 338 268 776

 

Indien ons geen akkommodasie in die NHKA ontvang nie, sal die heffing natuurlik in totaliteit by genoemde rekening inbetaal word, sodra ons besluit het op ‘n beginsel vir heffings,  asook die bedrag wat nodig sal wees vir gemeenskaplike sake. Op bogenoemde eerste Algemene formaliseringsvergadering is lidmate en ampsdraers welkom. Daarná sal afvaardiging (bv predikant, een ouderling of waar predikant ontbreek, twee ouderlinge en een diaken) kerkordelik gereël word.

 

Gemeentes wat ingeorden word in die voorgestelde struktuur,  maar wat 'n leraar het en/of ook ander ampsdraers wat met die nuwe (rigting) opsie van die NHKA wil saamgaan, kan steeds in die gemeente geakkommodeer word met onderwerping aan die verwagtings en besluite van die steedsHervormde gemeente en gewetensbinding.

 

Die gemeentes van steedsHervormers sal met die oog op beroepwerksaamhede kandidate keur. Die teologiese opleiding van toekomstige predikante sal nie aan die geafrikaniseerde Fakulteit Teologie Pretoria geskied nie. Onderhandelinge is reeds in plek met meer as een instansie wat die moontlikheid van onder andere afstandsonderrig insluit, deur een van die oudste en suiwerste teologiese fakulteite in Europa waar die Afrikaanse taal 'n aanwins is en gewaarborg is

 

Daar is steeds baie lidmate wat oningelig is omdat predikante en ander ampsdraers nie die inligting versprei nie, menigmaal met die verskoningOns wil net kerk wees en die Here dien.”  Ons wil net kerk wees, maar om die Here te dien, is nie vir ons vanselfsprekend binne die nuwe teologiese rigting wat die Kerk ingeneem het nie.  Om kerk te kan wees, is ons oortuig dat ons sekere beginselsake moet handhaaf en nie vrede ter wille van vrede handhaaf nie.  Vrede is nie ‘n beginsel nie, dit is die resultaat van God se welbehae in mense.  Ons glo nie dat die nuwe vrysinnige teologie God behaag nie.  Kom luister gerus na ons en besluit dan vir uself. Inligtingsvergaderings vind plaas in nege streke op 28 Januarie en 4 Februarie 2012.

 

Om op te som:

  • Ons voel nie tuis binne die nuwe teologiese rigting wat stelselmatig in die NHKA ingevoer word nie,  dit is volgens ons nie Reformatories nie.
  • Ons staan by die Bybel en verstaan die Bybel as die Woord van God.
  • Ons staan by die waarhede wat ons as fundamentele waarhede sien,  wat insluit die Skrif alleen,  genade alleen,  geloof alleen en Christus alleen.
  • Ons gaan nou onderhandel met die Kommissie van die AKV oor akkommodasie binne die NHKA.
  • Ons verstaan onsself as die voortsetting van die teologiese tradisie van die NHKA.  In teenstelling daarmee staan die nuwe teologiese rigting,  en ons voel tuis by nóg die liberale teologie met sy humanisme, nóg die bevrydingsteologie met sy inklusiwiteit ten koste van eie identiteit.
  • Ons hou inligtingsbyeenkomste in nege streke op 28 Januarie en 4 Februarie 2012.  Ons sal positief reageer op uitnodigings.
  • Ons nooi lidmate uit om by ons aan te sluit, maar plaas geen gewetensbinding op enige persoon nie.  Ons wil net kerk wees en die Here dien.
  • Ons formaliseer ons eensgesindheid tydens ‘n vergadering wat Dv strek vanaf 31 Mei 2012 tot 2 Junie 2012.

 

steedsHervormers

Tydens ‘n vergadering wat plaasgevind het op 12 November 2011, waartydens 66 gemeentes van die NHKA verteenwoordig was met ‘n totale bywoning van 268  lidmate , is die volgende besluite geneem:

  1. Die steedsHervormers belydenis gespreksgroep is amptelik in die lewe geroep.  Kortliks word die steedsHervormers as volg gedefinieer:

 

Hierby staan ons, dit kan nie anders nie:

Tree ons weg, tree ons uit die ware LIG.

Tree ons terug, versaak ons die WAARHEID.

Tree ons uit,  verloor ons die LEWE.

 

Op grond van die huidige geloofskrisis in die Kerk besluit ons as gemeentes en lidmate van die NHKA om ons te versamel as ‘n konfessionele groep (belydende gespreksgroep) met die naam “steedsHervormers”.  Hiermee wil ons te kenne gee dat;

  • ons steeds onsself sien as Hervormers en as die ware voortsetting van die NHKA,
  • ons nie van die NHKA wil wegskeur nie,
  • ons vereenselwig onsself met die teologiese tradisie van die NHKA.

As steedsHervormers wil ons getrou bly aan die tradisie en geskiedenis van die Hervormde Kerk;

  • Ons bly getrou aan die Bybels-Reformatoriese teologie soos bedryf in die Hervormde Kerk oor geslagte heen.  Dit beteken dat ons werk met die Bybel as die Woord van God, die gesagvolle openbaring van God.  Ons gee gehoor aan die wekroep om telkens te hervorm na die eise van die Skrif.  Ons staan by die belydenisskrifte en bely met die geloofsbelydenisse onverkort en sonder interpretasie wat eie inhoude gee.  Ons onderteken die belydenisskrifte omdat hulle met die Bybel ooreenstem (quia).
  • Ons bly getrou aan die liturgie wat getuig van gewyde, respekvolle en stigtelike diens aan God Drie-Enig. 
  • Ons verstaan onsself as volkskerk, ons is oortuig dat mense verskillend in die skepping is en dat volkskerkgerigte sending hierdie verskille eerbiedig en die uitdra van die evangelie bevorder.

Hiermee grens ons onsself af van die:

  • liberale teologie wat werk met ‘n oop kanon en die Bybel sien as menslike nadenke oor die goddelike. 
  • Ons distansieer onsself van diegene wat die belydenisskrifte verstaan as dat hulle net geld in sekere instansies insoverre die belydenisskrifte ooreenstem met hulle nuwe verstaan van die Bybel (quatenus).
  • Ons grens onsself af teen diegene wat van die erediens ‘n vermaaklikheidsgeleentheid maak waartydens die mens in die middelpunt te staan kom. 
  • Ons grens ons af teen die bevrydingsteologie wat werk met ‘n integrasiemodel wat alle menslike verskille sonder respek ignoreer.

Gemeentes, ampsdraers en lidmate word opgeroep tot eensgesindheid en rustigheid.  Verder word alle gemeentes, ampsdraers en lidmate opgeroep om hulle uit te spreek oor hulle deelname al dan nie aan die belydende gespreksgroep genaamd steedsHervormers.

Streke

Laeveld                                    

Noord-Transvaal                              

Oos Transvaal                        

Volksrus en omliggend                    

Noord-Kaap                            

Wes-Transvaal                                 

Vaaldriehoek                           

Sentraal Transvaal                 

Vrystaat                                            

 


Kontakbesonderhede

Dr Andre Botma 012 460 7768 andre.botma@telkomsa.netHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Oudl Piet Geyser  079 771 4807 nhmeyerspark@lantic.netHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Oudl Tom Greeff 082 445 8881 tomcases@lantic.netHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Oudl Dirk Grobler 083 635 4852 fransnhk@gmail.comHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Ds Frans Marais 082 747 4847 fransnhk@gmail.comHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Ds Frans Oosthuizen 082 563 9197 ds.frans@imaginet.co.zaHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Dr Johan Otto  082 767 7891 jotto1@absamail.co.zaHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Dr Malan Storm   083 308 1030  nhmeyerspark@lantic.netHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Ds Rudi Schoeman 082 557 7340 prschoeman@telkomsa.netHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Ds Jaap Steenkamp 072 233 6445 jaapsteenkamp@yahoo.comHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Prof Hennie van der Westhuizen 072 153 9106 profhg.vdwesthuizen@gmail.comHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Ds Gawie Wolmarans 082 853 3053 gjmwol@yahoo.comHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Administrasie:   admin@steedshervormers.co.zaHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.