Word apartheid tot sonde verklaar?

Net soos met die vraag na die onderskeid tussen verklaar en bely, vind ons in hierdie saak ook verwarring. Die konteks is weer van belang. Binne ons aansoek om lidmaatskap van WCRC, kan dit nie anders as dat dit gestel moet word dat apartheid tot sonde verklaar word nie.
Daarmee saam moet ons die saak inhoudelik ook beredeneer. Jy hoef nie die woord “sonde" te gebruik om na sonde te verwys nie.
Enige saak wat strydig met die-evangelie is, kan op verskillende maniere verstaan word.

 

  • lndien die saak ter sprake byvoorbeeld die etiek binne 'n ander godsdiens is, kan dit strydig met die evangelie wees. Dan sal ons dit ongelowig, of 'n alternatiewe verstaan noem.
  • lndien dit 'n saak binne die Christendom is, is enige leerstellige saak wat strydig met die evangelie is, dwaalleer.
  • lndien dit 'n saak binne die Christendom is, is enige etiese saak wat strydig met die evangelis is, sonde.