Watter implikasies het dit vir iemand wat glo dat afsonderlike ontwikkeling werkbaar is?

  • Volgens die besluit is enige persoon wat enige vorm van skeiding handhaaf (om ongenuanseerd na apartheid te verwys, beteken dat enige saak daarby gesleep kan word) besig met dwaalleer en sonde.
    Ons kan nie hieroor doekies omdraai nie.
    Die motivering roep ons daartoe op om enige persoon wat regverdigings van skeiding probeer daarstel, te weerstaan en onsself daarvan te weerhou.
  • Dit kom daarop neer dat die breuk met die verlede totaal moet wees, 'n afkeurende breuk wat selfs beteken ons moet nie probeer om die optrede van mense in die verlede te regverdig nie.
  • Binne die NHKA beteken dit dat enige persoon wat afsonderlike ontwikkeling voorstaan, mensonterend dink en praat. Sodanige mense moet weerstaan word.