Wat van die Heilige Gees?

 Weerstaan ons nie met ons optrede die Heilige Gees nie?

Die voortdurende regverdiging van 'n besluit wat groot onrus veroorsaak deur na die leiding van die Heilige Gees te verwys, is nie in lyn met die Skrif nie.
Om met oortuiging te kan stel "die Heilige Gees en ons het besluit" is nie so eenvoudig as wat dit voorgestel word nie.

 

  • Net omdat die vergadering met gebed geopen word, kan daar nie onomwonde aanspraak gemaak word dat die Gees gelei het nie.
  • Sonder om sake soos konsensus en teologiese beredenering in ag te neem, dien sodanige eise en stellings nie die debat nie en streef so 'n standpunt sonder substansie na die morele hoĆ« grond op grond van 'n teks wat misbruik word.

Ons maak beswaar teen hierdie eensydige onregmatige beroep op die Skrif.

 

  • Die Ouderlinge vergadehngs in plaaslike gemeentes wat hulself van die besluit gedistansieer het, het tog ernstig daaroor gebid en debatteer.

    Is die Gees dan so wispelturig dat daar op plaaslike vlak ander leiding is?
    Is die Gees uitgelewer aan die meerderheidstem?
    lndien daar ander afgevaardigdes was, sou die Gees dan anders gelei het?

    Sou ons inderdaad nog op 'n sinodaal-presbiterale stelsel gefunksioneer het, waar die Bybel in die sentrum van besprekeing gestaan het, en die vergadering van die ampte, met onbeperkte tyd tot sy beskikking, die saak vanuit die Bybel kon redeneer en tot 'n konsensus-besluit kon kom, dan sou ons met vrymoedigheid die besluit onder die leiding van die Heilige Gees van God kon noem.