Wat is die Belhar belydenis?

Die belydenis van Belhar het September 1986 sy beslag gekry en is intussen deur die WARC en nou WCRC opgeneem as 'n 20e eeuse belydenis.

"The World Communion of Reformed Churches sees itself as part of the universal church. It stands within the tradition of the Reformation, where the historic Reformed confessions and 20th century confessions (Barmen, Belhar) were written in close connection to the word of God"

 

  • Daar is nou lank reeds debat binne die reforrnatoriese kerke in RSA oor die status van die belydenis.
    Al hoe meer stemme binne die NGK gaan op wat Belhar as "die voertuig tot eenheid" verstaan.
    Dit kom daarop neer dat die NGK die belydenis moet aanvaar, onderskryf en bely.

    Wat staan in die belydenis?
    Die volgende vertaalde opsomming word aangebied: (Hierdie kort opsomming is nie volledig nie, maar lig die sake van belang uit).

1. Geloof in God Drie-Enig wat die Kerk versorg deur Woord en Gees.
2. Geloof in die een universele Christelike kerk, uit alle volke saamgeroep. Hierdie eenheid kom na vore in 'n sigbare integrasie wat aktief nagestreef moet word. Enige skeiding tussen mense is sondig en moet weerstaan word. Daar moet saam gebid word, saam gedien word, mekaar se laste moet gedra word. Enige leerstuk wat diversiteit verabsoluteer, word verwerp.
3. Die boodskap van versoening is aan die Kerk toevertrou. Die kragte van sonde en dood is in Christus oorwin. Die werk van versoening word gekortwiek in 'n land waar mense op grond van ras geskei word. Die skeidingg perpetueer haat, vervreemding en vyandigheid. Die veronderstelling van skeiding is dat die versoenende mag van die evangelie nie die menslike skeiding kan ophef nie. Enige leerstuk wat die geforseerde skeiding van mense regverdig, word verwerp. 4. God is die een wat vrede en geregtigheid bring en is op 'n besondere manier aan die kant van die onderdrukte en die gemarginaliseerde mens. Die Kerk moet hom ook by hierdie mense skaar. 5. Jesus Christus se kerk moet teen ongelykheid, skeiding en onderdrukking getuig, selfs al maak landswette dit onwettig. Aan God al die eer.

Die vraag wat dan gestel moet word, is na die aard van die weerstand teen hierdie belydenis.
Die relevante weerstand het met teologiese verskille te make.
Die bevrydingsteologie kom baie duidelik na vore in die belydenis, die ideologiese humanisme, asook die histories beperkte aard van die belydenis.

Teologies:

Bevrydingsteologie as agtergrond.
Belhar steun sterk op die bevrydingsteologie wat 'n vervlakking van verhoudings propageer.
Dit is net die horisontale wat van belang is.
So word God dan voorgehou as aan die kant van die onderdrukte en die Kerk word opgeroep om langs God te gaan staan.
Belhar sien die Kerk as universele instrument om mense van onderdrukking te bevry.
Die ekklesiologie word in die sosiaie program gebed, nie in die Christologie nie.

Ideologies:

Belhar se weerstand teen segregasie kom uit in die integrasie wat as ideaal, roeping en taak van die Kerk voorgehou word.
lntegrasie van mense oor alle grense heen word as evangeliese imperatief verkondig.
Histories beperkte aard van Belhar:
Gewoonlik kan ons stel dat belydenisse hulle tyd oorstyg en altyd tot nuwe gemeenskappe spreek.
Belhar is so vasgevang in die RSA van 1980s dat dif buite daardie konteks nie dieselfde impak kan hĂȘ nie.

Hierdie kort bekendstelling het ten doel om Belhar binne konteks te plaas.
Daarmee saam word die aard van die teologie van die WCRC ook ontmasker as bevrydingsteologie.
Die dokumente van die WCRC is deurspek van hierdie selfde teologiese hoofstroom.