Waarom maak ons beswaar? Maak dit ons nie dislojaal teenoor die kerk nie?

  • Ons beswaar is 'n teologiese beswaar. Lojaliteit aan die Kerk maak dit 'n baie moeilike stap om te neem, maar ons eerste lojaliteit moet altyd aan God wees.
  • Dit is ons goeie reg om beswaar te maak. Dit is deel van die protestantse tradisie.
  • Ons voel verplig om beswaar aan te teken.
    Daar is tydens die 69ste AKV 'n besluit geneem wat teologies ondeurdag is, aanstoot gee, aanleiding gee tot onrus en baie lidmate van die Kerk vervreem.
    Met hierdie beswaar wil ons die saak in die reine bring.
    Ons kan nie vrede maak met die besluit nie, die gevolge is te ernstig.
    Ons kan net beswaar aanteken of loop of skeur.
    Ons wil nie loop of skeur nie.
    Die fokuspunt van ons beswaar is met ander woorde die besluit.
  • Diegene wat nou wil beweer dat ons nie lojaal is nie, verstaan die saak nie reg nie of dinh in absolute terme.
  • Om lief te wees vir die NHKA en lojaal te wees teenoor ons kerk, beteken nie dat ons nie krities kan wees nie.
  • Indien nodig, beteken dit dat ons self teen 'n besluit beswaar kan maak.
  • So 'n optrede maak nie van ons skeurmakers of dislojale lidmate nie.
  • Die besluit om beswaar te maak, is gegrond in die oortuiging dat hierdie besluit die kerk en lidmate skade gaan aandoen en daarom moet dit omgekeer word.