Is restitusie nie maar net 'n woord wat gebruik word om mense bang te maak nie?

  • Restitusie is net 'n ander woord vir regstel.
    In hierdie geval beteken dit dat die sg. onregmatighede van die verlede mense benadeel het.
    Teen eie koste moet die party wat voordeel getrek het, nou terug betaal (in geld, eiendom of wat ookal) aan die persoon wat benadeel is.
  • In ons geval is ons lank reeds besig om op verskillende vlakke te betaal vir die verlede.
    Regstellende Aksie en Swart Ekonomiese Bemagtiging kom daarop neer dat ons besig is met restitusie.
    Werkreservering, kwotas, verteenwoordigende getalie in die werkplek en vele voorbeelde kan genoem word.
  • Nou is die vraag of restitusie die Kerk direk raak aangesien ons reeds besig is met barmhartigheidswerk en sending.
    Sending is ons opdrag en gehoorsaamheid aan die opdrag kan nie as restitusie gesien word nie.
    Net so is bannhartigheid en diensbaarheid deel van ons opdrag.
    Dit kan nie as restitusie verstaan word nie.
    Enige persoon wat dink dat ons nou te lank reeds besig is met regstellende aksie, moet kennis neem dat die ANC geen eindpunt voorsien nie.
    Enige persoon wat dink restitusie is verby, 16 jaar die nuwe RSA in, moet van die volgende artikel kennis neem:

Speaker calls for truth and reconciliation commission – www.wcrc.ch

A renowned Native American leader today appealed to the newly-created World Communion of Reformed Churches (WCRC) to establish a truth and reconciliation-like commission to "seek ways to make restitution to tribal people" for the churches' complicity in "co-opting the bible as a tool of colonialism and imperialism" in North America over the last 400 years.

Let op die volgende sake:

  • Hierdie artikel verwys na 'n optrede by die WCRC se stigting.
  • Die kerk word van aandadigheid aan kolonialisme en imperialisme beskuldig.
  • Die kerk word daarvan beskuldig dat die Bybel as instrument gebruik is om vergrype te pleeg/regverdig.
  • Die tydperk te sprake is 400 jaar en sluit die hede in.
  • Die "slagoffers" is die stammense.
  • Die kerk spesifiek word getaak met restitusie.
  • In ons eie situasie moet ons daarvan kennis neem dat "apartheid" steeds die skuld vir alles kry. Besluit 54 is in lyn met die gees van die pleitdooi van die Indiaan.
  • Restitusie is 'n Katolieke begrip boetedoening.
  • lndien daar twyfel is oor onreg, moet die onreg eers bewys word.
    lndien 'n party (waar of onwaar) onreg erken, moet die slagoffer net kwantum (hoeveel moet terug betaal word) bewys.