Het die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika nou 'n ander teologiese rigting ingeslaan?

  • Hierdie saak word deur die teenparty betwis. Ons verstaan van die teologie en die teenparty se verstaan word geregverdig deur die term "diversiteit".
    Die vraag is nou of die diversiteit binne dieselfde teologie is, en of hier nie 'n nuwe teologiese rigting is nie.
    Enkele voorbeelde wat bewys dat daar 'n nuwe rigting ingeslaan word:
  • Die stelling dat apartheid in stryd is met die evangelie van Jesus Christus, is in stryd met die uitgangspunte van die Bybels-Reformatoriese teologie soos saamgevat in die Belydenisskrifte van die Hervorming.
    Die evangelie van Jesus Christus is saamgevat in verse soos Rom 10:9 "As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. "Die evangelie van Jesus Christus het te doen met die sondaarmens se verlossing van sonde en dood; nie met politieke stelsels nie.
  • Teenoor hierdie verstaan staan die Wonderboomverklaring, 'n evangelie wat met liefde en deernis te make het, maar niks met die Vertikale redding wat God bewerkstellig nie.
  • Vreemd aan die Sateriologie is die konsep van die beeld van God as iets in die mens. Die gevolge van die handhawing van so 'n verstaan is wyd. Die mens sou dan nie relasioneel wees in terme van beeldskap nie, maar ontologies beeld van God wees. Die mens het dan hie 'n redder nodig nie. Die totale verlore bestaan van die mens roep tog tot die Verlosser.