Protes

Veertien bedankings net die begin

Nog 'n brief wat Beeld weier om te plaas.
 
Dr Gerhard Lindeque, redakteur van Die Hervormer, het by verskeie geleenthede verklaar dat dit sy redaksionele beleid is om nie artikels of briewe te plaas wat krities is teenoor die kommissie of die teologiese opleiding staan nie. 

Lees verder: Veertien bedankings net die begin

Klag teen Ds GJM Wolmarans

Geagte dominee, ouderling, diaken en lidmaat van die NHKA
 
Op bl. 161 van die agenda van die 70ste AKV, beskrywingspunt 23, gaan dr DJC van Wyk (jr) vir die Kerk vra om die Kommissie se optrede in die hantering van konflik en litigasie die afgelope 3 jaar goed te keur.  Die aanspraak word gemaak dat die Kommissie altyd op Bybelse, Christelike en morele hoëgrond beweeg het.
 
Ons neem vrymoedigheid om die verweerskrif van ds. Gawie Wolmarans op 'n klag wat die Kommissie teen hom ingedien het, met sy toestemming aan u beskikbaar te stel.  Nadat u dit deurgelees het, kan u, u eie gevolgtrekkings maak.

Lees verder: Klag teen Ds GJM Wolmarans

Onderhoud met Ds Frans Oosthuizen

DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

HOE LANK FUNKSIONEER JULLE AL AS ONAFHANKLIKE GEMEENTE EN HOEVEEL LIDMATE IS JULLE?
Ons Gemeente het verlede jaar Oktobermaand as onafhanklike gemeente begin funksioneer. Al ons gemeentelike gesprekke wat oor die krisis in die NHKA gevoer is, was kalm en bedaard, maar gesprekke met ‘n vasberadenheid oor ons standpunt. Alle besluite wat geneem is deur die onderskeie vergaderings was eenparige besluite met geen teenstemme nie.

Lees verder: Onderhoud met Ds Frans Oosthuizen

Reaksie deur dr Johan Otto op omsendskrywe 17: RIGLYNE AAN KERKRADE TEEN DIE AGTERGROND VAN KERKLIKE AFSKEIDING


(Reaksie word puntsgewys aangedui van 1-26.)

Dr. Otto:
Dit is nie altyd nodig of gewens om te reageer op elke skrywe wat die KommAKV die lig laat sien nie. So byvoorbeeld sou daar uitgebreide reaksie kon wees op verskeie artikels in die kerklike publikasies en skrywes van die Moderamen en die Kommissie self. Die nuutste haatspraak van die KommAKV roep eintlik om reaksie. Kom ons, anders as die KommAKV, temper egter ons reaksie en onthou dat ons binne die kerk besig is.

Lees verder: Reaksie deur dr Johan Otto op omsendskrywe 17: ...

Die Hervormde Kerk in ’n krisis

- Dr Johann Beukes (Weltevreden)

Die Hervormde Kerk verkeer in ‘n krisis, maar net in soverre die Kerk die krisis wat in die moderne kultuur self opgesluit is, assimileer of daaraan konformeer.

Die Hervormde Kerk verkeer na waarneming in ‘n krisis. Die Hervormde Kerk is besig om die risiko van skeuring te loop op grond van die moontlik onversoenbare standpunte van twee of meer teenoorstaande posisies. Maar is die saak so eenvoudig?

Lees verder: Die Hervormde Kerk in ’n krisis