Onderhandeling in die kerk

  1. 'n Gesonde selfkonsep.

`n Gesonde selfkonsep en `n patologiese selfkonsep kan grafies voorgestel word. Die gesonde persoon word dan voorgestel deur `n volledige sirkel wat saamgestel is uit duisende polariteite wat in onderlinge samehang geïntegreer is.
 Die gesonde persoon is bewus van die mees¬te polariteite in sy samestelling. Hy is ook bewus van daardie gevoelens en gedagtes wat nie in sy gemeenskap toegelaat word nie. .Hy aanvaar homself. Daar mag dele wees wat vir hom onaanvaarbaar of onbekend is. Hy ontken dit nie, maar werk daarmee.
Die patologiese persoon het `n rigiede en stereotipe beskouing van homself en ontken die dele wat hy as negatief ervaar. Hy is geneig om hierdie ontkende dele op ander te projekteer. As hy van hierdie dele bewus word, maak dit hom angstig, en omdat hy die angstigheid nie kan beheer nie, ontwikkel hy neuro¬tiese simptome soos om uiters kontrolerende magsgrepe uit te haal
`n Gesonde en `n patologiese selfkonsep word dan daarin onderskei dat `n ge-sonde selfkonsep bewus is van die polariteite in homself, dit nie ontken nie maar daarmee werk. In `n stereotiepe selfbeskouing waarin die onaanvaarbare dele rigied ontken word, ontwikkel daar onbeheersde angs wat uitloop op neurose.
`n Digotomie is die siening dat die veld verdeel is in mededingende magte en diversiteit word negatief ervaar. Polariteite kan ervaar word as komplimentêr. `n Gesonde selfkonsep herken die innerlike polariteite en integreer dit. Die orga¬nisme neig om ervaringe te voltooi en so volledig te lewe.